Adele Smidt

“Ek het as kind oogchirurgie ontvang, so dra al my hele lewe n bril. Vroeër jare n bril vir lees, ‘n bril vir ver sien, ens. My oë verswak maar met die jare en ouderdom, dus was dit weer tyd vir ‘n besoek aan Spectacle World.

“Ek het wonderlike nuwe multifokale lense. Dit maak die lewe net soveel makliker. Gewoonlik neem ek altyd iemand saam om te help met die kies van ‘n raam, helaas toe nou nie die keer nie. Dit is nogal oorweldigend om ‘n raam te kies uit die baie groot verskeidenheid. Na die oogtoetse was die personeel so behulpsaam met die uitsoek van ‘n raam – iets heeltemal anders as wat ek sou kies.

“Ek is ‘n kunstenaar van beroep en gee ook kunsklasse. Die span het ‘n baie kleurvolle, ‘funky’ raam voorgestel en ek is gaande daaroor! My studente ook! Hulle dink ek is braaf, maar helaas dit was met julle hulp! Ek kry selfs komplimente van vreemdes terwyl ek by die supermark wag om te betaal. Baie dankie vir julle professionele diens en hulp.”

Similar Posts

  • Luanna Shonfeld

    “My new specs have changed my life! I need them for reading and am so happy with them! I love everyhing about them! They’re easy to wear and comfortable. Plus I can see clearly and have renewed confidence. “My specs definitely suit my style personality and way of dressing. They’re glamorous, so I get  compliments…

  • Martelize Brink

    “Ek is bysiende en sukkel ook met droë oë en geweldige ligsensitiwiteit wat goeie sig moeiliker maak. My nuwe rame bied groter perspektief en is ver genoeg van my oë dat dit nie aan my ooghare raak nie. Die donkerbril se donker lense help ook baie met ligsensitiwiteit. “‘n Mens besef nie watter effek die…