Martelize Brink

“Ek is bysiende en sukkel ook met droë oë en geweldige ligsensitiwiteit wat goeie sig moeiliker maak. My nuwe rame bied groter perspektief en is ver genoeg van my oë dat dit nie aan my ooghare raak nie. Die donkerbril se donker lense help ook baie met ligsensitiwiteit.

“‘n Mens besef nie watter effek die korrekte bril op jou lewenskwaliteit het tot jy ordentlik kan sien nie. Dit is wêrelde se verskil wat in my lewe gemaak is. Die personeel is geweldig hulpvaardig. Dit is wonderlik om nie net ‘n professionele oogtoets te ondergaan nie, maar ook ‘n diens wat help met die beste keuse vir jou gesig en persoonlikheid. ‘n Mens is soms bang of voel dom om ‘n vraag te vra of ‘n opinie te lewer, maar daar is geduldig met my deur die proses gesels en voorstelle gemaak. Die stilering het baie gehelp om die regte bril vir my gesigvorm, gelaatstrekke en smaak te kies.

“My rame kry soveel komplimente! Met elke foto wat ek op sosiale media laai vra mense waar ek die bril gekry het. Die blou pas ook mooi by my oë en aangesien die rame groter is, kan mens uiteindelik my oë duidelik sien! Met al die komplimente gee dit definitief meer selfvertroue. Ek hou van ‘n klein quirkiness in my styl en die bril is perfek daarvoor.

“Dit was ‘n groot voorreg om deur Spectacle World genader te word vir nuwe brille. Hulle diens en kennis is eenvoudig op ‘n ander vlak!”

Similar Posts

  • Adele Smidt

    “Ek het as kind oogchirurgie ontvang, so dra al my hele lewe n bril. Vroeër jare n bril vir lees, ‘n bril vir ver sien, ens. My oë verswak maar met die jare en ouderdom, dus was dit weer tyd vir ‘n besoek aan Spectacle World. “Ek het wonderlike nuwe multifokale lense. Dit maak die…

  • Luanna Shonfeld

    “My new specs have changed my life! I need them for reading and am so happy with them! I love everyhing about them! They’re easy to wear and comfortable. Plus I can see clearly and have renewed confidence. “My specs definitely suit my style personality and way of dressing. They’re glamorous, so I get  compliments…